Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 21 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-08-2024 só ingevul:



Die ........ droogte in die land gaan voedselpryse laat styg.
1 % (afgerond)kommerwek
3 % (afgerond)kommerwekkend
5 %kommer wekkende
90 % (afgerond)kommerwekkende 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("kommerwekkend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Ek het ʼn ........ gelede hier begin werk.
100 % (afgerond)jaar 
jahr
jar

In geslote lettergrepe word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Helen glo sy kan haar goeie uitslae ........ aan harde werk.
6 % (afgerond)toe skryf
93 % (afgerond)toeskryf 
1 % (afgerond)toe-skryf

ʼn Samestelling (“toeskryf”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“toe” en “skryf”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Gee asseblief vir my die ........ aan om in die beslag in te roer.
4 % (afgerond)vannilla
83 % (afgerond)vanilla 
1 % (afgerond)wanilla
12 % (afgerond)vanila

Vreemde woorde ("vanilla") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties