Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 21 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-08-2024 só ingevul:



Die atleet het in die 100 m-naelloop ........ .
91 % (afgerond)geseëvier 
1 % (afgerond)seegevier
6 % (afgerond)geseevier
1 % (afgerond)seëgevier

Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die plaaslike hoërskool hou volgende week 'n ........ .
13 % (afgerond)slegs ope dag
73 % (afgerond)opedag of ope dag 
1 % (afgerond)slegs oopdag
12 % (afgerond)oop dag of ope dag

Byvoeglike naamwoorde (soos “oop” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skool” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Volgens die 2017-AWS kan 'n mens egter "opedag" of "ope dag" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die ........ se sang het almal tot trane beweeg.
19 % (afgerond)maleierkoor of Maleierkoor
1 % (afgerond)maleierkoor of maleier-koor
70 % (afgerond)Maleierkoor 
10 % (afgerond)maleierkoor

Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die president het ........ by die dinee opgedaag.
5 % (afgerond)dooddeftig
88 % (afgerond)kraakdeftig 
1 % (afgerond)breekdeftig
5 % (afgerond)smoordeftig

Iemand wat baie netjies en deftig voorkom, is "kraakdeftig".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties