Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 26 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-08-2024 só ingevul:



My hare is te lank en daarom gaan ek Vrydag ........
25 % (afgerond)vir 'n haarsny.
75 % (afgerond)my hare laat sny. 

Die vorm "haarsny" is 'n anglisisme (van "haircut").
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Die ........ is die amptelike woning en hoofkantoor van die Amerikaanse president.
74 % (afgerond)Withuis 
25 % (afgerond)Wit Huis
1 % (afgerond)withuis
1 % (afgerond)wit huis

Byvoeglike naamwoorde (soos "wit" of "groot") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "huis" of "kantoor") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het, vorm die twee begrippe 'n eenheid en word hulle dan vas as een woord geskryf. So byvoorbeeld sou die los geskrewe begrip "wit huis" na enige huis wat wit geverf is, kon verwys. Die "Withuis" verwys egter baie spesifiek slegs na die bekende Amerikaanse woning.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Louise het die ........ uitrusting van die aand gedra.
96 % (afgerond)deftigste 
1 % (afgerond)mees deftigste
mees deftig
2 % (afgerond)mees deftige

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “brutaal”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “deftig” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die deftigste”.
(Bron: HAT6)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Pieter het sy skoene so blink soos ........ gevryf.
1 % (afgerond)'n gletser
6 % (afgerond)glas
2 % (afgerond)die sterre
91 % (afgerond)'n spieël 

Die vergelyking "So blink soos 'n spieël" beteken 'baie blink'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties