Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 02 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-09-2024 só ingevul:



Wat is die ........ van jou tesis?
onerwerp
99 % (afgerond)onderwerp 
1 % (afgerond)onnerwerp

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “onderwerp”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Die ........ staan bol in die wind.
97 % (afgerond)seile 
2 % (afgerond)seils
1 % (afgerond)seilens

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ons vriende woon nou in ........ .
1 % (afgerond)Australieë
5 % (afgerond)Australie
90 % (afgerond)Australië 
4 % (afgerond)Australia

Die pleknaam "Australië" kry nie 'n dubbele "e" met 'n deelteken nie. Dit word ook nie soos die Engelse vorm ("Australia") in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die finaliste van die skoonheidskompetisie is gisteraand ........ .
3 % (afgerond)veroordeel
97 % (afgerond)beoordeel 

Om iemand te beoordeel, beteken byvoorbeeld dat jy die wenner van 'n kompetisie bepaal. Wanneer jy iemand veroordeel, beteken dit dat jy daardie persoon as onaanvaarbaar beskou en dus 'n veroordeling oor die persoon uitspreek.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties