Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-09-2024 só ingevul:



Derick was so fluks, hy het Ouma ........ opruim.
75 % (afgerond)help 
25 % (afgerond)gehelp

Skakelwerkwoorde, naamlik "begin", "bly", "gaan", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel", wat voor 'n ander werkwoord kom, kry nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



My vriendinne het in ........ gaan studeer.
1 % (afgerond)Stellembosch
Stellembosh
97 % (afgerond)Stellenbosch 
2 % (afgerond)Stellenbosh

Die "n" klink partykeer soos 'n "m" in uitspraak. "Stellenbosch" word met 'n "n" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Vancouver is geleë in die Kanadese provinsie ........ .
30 % (afgerond)Brits-Columbië 
11 % (afgerond)Brits-Colombia
41 % (afgerond)Brits-Colombië
18 % (afgerond)Brits-Columbia

Sommige buitelandse plekname word verafrikaans. So word "British Columbia" in Afrikaans "Brits-Columbië". Die gebruik van die koppelteken by sodanige benamings kan in die AWS (reël 12.31) nageslaan word. Die naam van die Suid-Amerikaanse staat "Colombië" word in beide Afrikaans en Engels met 'n "o" i.p.v. 'n "u" gespel.
(Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Brits-Columbië)
Sien ook die bladsy Plekname.



Altesaam vyf ........ het uit die tronk ontsnap.

1 % (afgerond)gevangnis
14 % (afgerond)gevangenis
3 % (afgerond)gevangens
82 % (afgerond)gevangenes 

Die woord "gevangenes" verwys na die mense in ’n tronk. ’n Sinoniem vir ’n "tronk" is "gevangenis".

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties