Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 17 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-09-2024 só ingevul:



Baie mense dink Dr Victor and the Rasta Rebels kom van Jamaika af, maar ........ .

94 % (afgerond)dit is nie waar nie 
6 % (afgerond)hulle doen nie

Die uitdrukking "dit doen nie" is anglisisties en moet eerder "is nie so nie" na gelang van die konteks wees.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Johnston word as ’n ........ by die hospitaal behandel.
10 % (afgerond)buite-pasiënt
8 % (afgerond)buitenpasiënt
8 % (afgerond)buite pasiënt
73 %buitepasiënt 

Byvoeglike naamwoorde (soos "buite") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pasiënt") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die Arabiese woord vir God is " ........ ".
11 %allah of Allah
1 % (afgerond)slegs Alaa
87 %slegs Allah 
1 % (afgerond)slegs allah

Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die medisyne is so bitter soos ........ .
8 % (afgerond)aalwyn
2 % (afgerond)asyn
suurlemoen
90 % (afgerond)gal 

Vergelykings is stylfigure wat gebruik word om dinge met mekaar te vergelyk en kan uitgeken word aan die woord “soos”. Byvoorbeeld, “so bitter soos gal”.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties