Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 18 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-09-2024 só ingevul:



Ons wag net dat die boom ordentlik ........ voor ons hom snoei.
73 % (afgerond)wortelskiet 
wortel-skiet
26 % (afgerond)wortel skiet

Wanneer 'n naamwoord ("wortel") plus 'n werkwoord ("skiet") met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



'n Mens moenie vergeet nie ........ Die Sabbat is gemaak vir die mens, en nie die mens vir die Sabbat nie.
14 % (afgerond),
25 % (afgerond);
58 % (afgerond): 
3 % (afgerond)geen leesteken

Die dubbelpunt word voor ‘n aanvulling of ‘n verduideliking wat ná ’n voorafgaande sin verwag word, gebruik. Indien 'n volsin op 'n dubbelpunt volg, begin dié sin met 'n hoofletter.
(Aanhaling uit Markus 2:27)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Kuikens wat saam op een slag uitgebroei is, noem ons 'n ........ .
1 % (afgerond)werpsel
swerm
99 % (afgerond)broeisel 
skool

Versamelwoorde soos "broeisel" word slegs in die enkelvoud gebruik, al verwys dit na 'n versameling of groepering.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Daar is pragtige perde op die plaas ........ .
loeriesfontein
100 % (afgerond)Loeriesfontein 
loeries-fontein
Loeries-fonteint

Geografiese name, byvoorbeeld plaas- en plekname, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties