Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 19 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-09-2024 só ingevul:



Op VivA se webwerf is daar verskillende ........ van gepubliseerde tekste.
8 % (afgerond)slegs korpusse
1 % (afgerond)slegs corpora
2 % (afgerond)slegs korpora
89 % (afgerond)korpusse of corpora 

Volgens die AWS is "korpus" se meervoud "korpusse". Die wisselvorm "corpus" se meervoud is "corpora".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ek is baie opgewonde! Pappa gaan vir my 'n splinternuwe ........ koop!
93 % (afgerond)windbuks 
6 % (afgerond)winbuks
1 % (afgerond)wimbuks

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as 't ware deur 'n ander klank opgeneem.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Wat is 'n "tummy tuck" in Afrikaans?
17 % (afgerond)slegs abdominaplastie
49 % (afgerond)abdominoplastiek of abdominoplastie 
30 % (afgerond)slegs abdominoplastie
3 % (afgerond)slegs apdominoplastiek

Die woord "abdominoplastie(k)" is 'n neoklassieke samestelling en bestaan uit die volgende Latynse en Griekse dele:
"abdomen" 'maag' (stam: "abdom"; Latyn)
"-o-" is 'n verbindingsmorfeem
"plastiek" 'die daad om iets te vorm' (gevorm uit die Griekse "plassein" 'om te vorm')
Sien ook die bladsy Samestellings.



Om die reeksmoordenaar ........ , moet speurders vernuftige speurwerk doen.
69 % (afgerond)te uitoorlê 
31 % (afgerond)uit te oorlê

Hoewel "uitoorlê" soos 'n skeibare werkwoord lyk, is dit nie een nie. Ons kan nie sê: "Sy oorlê hom gereeld uit" nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties