Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 31 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-10-2024 só ingevul:



Oupa het Ouma 'n ........ kyk gegee.
3 % (afgerond)veelsêende
1 % (afgerond)veelgesogte
veelgesegte
96 % (afgerond)veelseggende 

Wanneer die byvoeglike naamwoord attributief gebruik word, soos in dié geval, kry die byvoeglike naamwoord 'n "-e" aan die einde: "'n veelseggende kyk". Wanneer die byvoeglike naamwoord predikatief gebruik word, kry dit nie 'n "-e" aan die einde nie: "Oupa se kyk na Ouma was veelseggend."
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Herman se ........ glimlag het stelselmatig vir Sanet begin irriteer, want sy het gevoel dat hy daardeur sy werklike emosies vir haar weggesteek het.
1 % (afgerond)stereotipie
55 % (afgerond)stereotipe
44 % (afgerond)stereotiepe 

Die homofone "stereotiepe" en "stereotipe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotiep(e)" (byvoeglike naamwoord) beteken 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'. Daarteenoor beteken "stereotipe" (selfstandige naamwoord) 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die Departement van Landbou is besig om 'n nuwe ........ in werking te stel.
42 % (afgerond)wynvanoorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
46 % (afgerond)wyn-van-oorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel 
7 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong-stelsel
5 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong stelsel

Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde (“wyn van oorsprong”) wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde (“stelsel”), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Staan ʼn bietjie weg, ons is te ........ .
1 % (afgerond)opmakaar
60 % (afgerond)opmekaar 
1 % (afgerond)op makaar
38 % (afgerond)op mekaar

Die mense staan (dig) "opmekaar" en die kiste word (op 'n hoop) "op mekaar gestapel" of "opmekaargestapel". Die twee is verlief "op mekaar" of vertrou "op mekaar".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties