13 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-11-2024 só ingevul:
'n ........ is by die pasiënt gediagnoseer.
Angsversteuring
Angs versteuring
Angstversteuring
Angs-versteuring
ʼn Samestelling (“angsversteuring”) is ʼn woord wat uit twee of meer naamwoorde (“angs” en “versteuring”) bestaan en saam een ding beteken. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die gevare van arginien ........ dit verhoog die kans om die herpesvirus op te doen.
; :
geen leesteken
,
Die dubbelpunt word onder meer gebruik voor 'n aanvulling of verduideliking wat ná 'n voorafgaande sin verwag word, met geen spasies voor die dubbelpunt nie.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Die ........ bestaan uit al die ministers wat saam met die president aan die hoof van die regering staan.
kabinet
presidentshulp
umalusi
parlement
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Potchefstroom is in ........ geleë.
Noord-Wes-Provinsie Noordwes
Noordwesprovinsie
Noord-Wes
Die amptelike naam van die provinsie is "Noordwes" sonder die woord "provinsie", net soos "Oos-Kaap" of "Gauteng".
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)