18 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-11-2024 só ingevul:
Die verguising en rinnewasie van weerloses deur boelies moet ........ gestop word. Ons kan dit nie langer duld nie!
dadelik
op eens
by eens
opeens
Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "at once" is "dadelik", "meteens" of "onmiddellik". Die uitdrukking "op eens" is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
My ........ in die lewe is positief. Ek probeer elke dag 'n verskil maak.
uitgangs punt
uitgangpunt uitgangspunt
uitgangs-punt
By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “uitgangspunt”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Sommige honde se sterte word ........ as hulle nog klein is.
afgekap
af gekap
geäfkap
geafkap
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
kykNET het die uitsaairegte vir die ........ Kook en Geniet-kookboek bekom.
alombekende
al om bekende
alom bekende
allombekende
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)