Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 18 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-11-2024 só ingevul:



Die verguising en rinnewasie van weerloses deur boelies moet ........ gestop word. Ons kan dit nie langer duld nie!

94 % (afgerond)dadelik 
2 % (afgerond)op eens
by eens
4 % (afgerond)opeens

Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "at once" is "dadelik", "meteens" of "onmiddellik". Die uitdrukking "op eens" is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



My ........ in die lewe is positief. Ek probeer elke dag 'n verskil maak.

1 % (afgerond)uitgangs punt
3 % (afgerond)uitgangpunt
96 % (afgerond)uitgangspunt 
uitgangs-punt

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “uitgangspunt”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Sommige honde se sterte word ........ as hulle nog klein is.
96 % (afgerond)afgekap 
4 % (afgerond)af gekap
geäfkap
geafkap

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



kykNET het die uitsaairegte vir die ........ Kook en Geniet-kookboek bekom.

92 % (afgerond)alombekende 
2 % (afgerond)al om bekende
5 % (afgerond)alom bekende
2 % (afgerond)allombekende

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe "wawyd oop".
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties