Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 19 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-11-2024 só ingevul:



Toe die bewaarder die volgende oggend uitvind van die ontsnapping, het ........ losgebars.
94 % (afgerond)pandemonium 
1 % (afgerond)pandinomium
2 % (afgerond)pandimonium
3 % (afgerond)pandenomium

Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. Dit lei dikwels tot spelfoute.
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Die ........ breek deur die kors van die ........ lande.
5 % (afgerond)ploë ; droë
86 % (afgerond)ploeë ; droë 
7 % (afgerond)ploeë ; droeë
2 % (afgerond)ploëe ; droëe

Sommige eenlettergrepige woorde wat eindig op "d" of "g" en voorafgegaan word deur 'n lang vokaal, kry 'n "-e" in die attributiewe posisie en verloor die "d" of "g".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



'k ........ , solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof.

41 % (afgerond)sal
36 % (afgerond)Sal 
22 % (afgerond)sal of Sal

In navolging van die onbepaalde lidwoord "'n", indien die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin, word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter.

Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Koppel die batterye aan 'n ........ om die gelykstroom na 220 V-wisselstroom om te skakel.
15 % (afgerond)transformator
40 % (afgerond)wisselrigter 
4 % (afgerond)inverter
41 % (afgerond)omskakelaar

Die toestel wat gebruik word om gelykstroom na wisselstroom om te skakel word 'n "wisselrigter" genoem en word veral gebruik by sonkraginstallasies. Die Engels vir 'n "wisselrigter" is 'n "inverter".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties