Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 22 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-11-2024 só ingevul:



Die beeld se arms en kop is afgebreek; nou is net die ........ oor.
93 % (afgerond)torso 
5 % (afgerond)torsou
2 % (afgerond)torsoe

Vreemde woorde, soos "torso", behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die woord "torso" is van Italiaans afkomstig.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Jou motor is 'n ........ model as myne.
95 % (afgerond)nuwer 
5 % (afgerond)nuuter
meer nuuter
1 % (afgerond)meer nuwe

Die vergelykende trap van "nuut" is "nuwer"; die attributiewe vorm van "nuut" is "nuwe."
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Weens ’n bom wat langs hom ontplof het, is die man ........ .
5 % (afgerond)pandoof
1 % (afgerond)pot doof
94 % (afgerond)potdoof 
1 % (afgerond)pan doof

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die huis het ingeboude kaste in al die slaapkamers.
Wat is die woordsoort van die woord "kaste" in bostaande sin?
97 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)bywoord
1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)werkwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: kas - die die kas - kaste.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties