22 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-04-2025 só ingevul:
Ek is baie opgewonde! Pappa gaan vir my 'n splinternuwe ........ koop!
winbuks wimbuks windbuks
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke eenders gemaak word. Die een klank word as 't ware deur 'n ander klank opgeneem.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Die huis is baie oud, ons moes sy skakelaars ........ .
hergebraad geherbedraad herbedraad gebedraad
Ná die hulpwerkwoord "moes" word die onverboë vorm van die werkwoord gebruik.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
My neef se naam is ........ .
Kleinhenning klein-Henning kleinhenning KleinHenning
Indien 'n bynaam sonder 'n koppelteken vas aan 'n ander eienaam geskryf word, is slegs die eerste letter 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Besoekers word gemaan om die terrein ........ te benader.
omsigtig versigtig
Die woorde "versigtig" en "omsigtig" is grootliks sinonieme, maar "omsigtig" word meer figuurlik gebruik en beteken 'met oorleg', 'nie halsoorkop nie', byvoorbeeld 'n delikate situasie. Die woord "versigtig" beteken 'behoedsaam om gevare of probleme te vermy'. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)