17 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-04-2025 só ingevul:
Die vertrek in ʼn kerk waar die kerkraad vergader, is 'n ........ .
konsistorie kerksaal konstitusie kerkraadsaal
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Daar waai vanaand ʼn ........ windjie.
geniepsige geniepsege genipsige geniepsigge
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Gys de Villiers is 'n bekende ........ .
Afrikaanse-akteur Afrikaanse akteur afrikaanse akteur afrikaanse-akteur
Wanneer 'n taalnaam as byvoeglike naamwoord gebruik word, word dit steeds met 'n hoofletter geskryf. 'n Byvoeglike naamwoord word ook los van die daaropvolgende selfstandige naamwoord geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het ........ die Geallieerdes 'n beduidende voorsprong gegee.
Raadar raadar Radar radar
ʼn Akroniem is ʼn spesifieke soort afkorting wat as ʼn woord uitgespreek kan word. Die woord "radar" word wel met kleinletters geskryf maar staan vir "RAdio Detection And Ranging" in Engels.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)