18 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-03-2025 só ingevul:
'n Stuk ........ kan tot verskillende soorte yster verwerk word.
rueister ruÿster ru-yster ruyster
’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld "ruyster", “handearbeid”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die Roux-gesin kom gereeld voor 'n ........ probleem te staan.
verskriklike verskriklik verskriklikke
Wanneer "verskriklik" voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word, skryf ons "verskriklike". Die laaste "k" word nie verdubbel nie, aangesien die "i" nie beklemtoon is nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die meeste ........ woon in Port-au-Prince.
Haitiane of Haïtiane Haitiane Hahitiane Haïtiane
Mense wat van Haiti (of Haïti) kom, noem jy "Haitiane" (of "Haïtiane") met "Haitiaanse" (of "Haïtiaanse") gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
'n Sinoniem vir "veiligheid" is ........ .
bewaring of sekuriteit skuiling of bewaring sekerheid of sekuriteit beskutting of sekerheid
Hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak in die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit" beskou die WAT en HAT dit as sinonieme.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)