Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 08 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-04-2025 só ingevul:



Pa, Ma en hul kind of kinders vorm saam 'n ........ .
98 % (afgerond)gesin 
2 % (afgerond)familie

Om na ’n gesin te verwys as ’n familie is ’n anglisisme ("family").

Sien ook die bladsy Anglisismes.



Wie was die ........ van Saterdag se sokkerwedstryd?
1 % (afgerond)skeid regter
97 % (afgerond)skeidsregter 
1 % (afgerond)skeidregter
1 % (afgerond)skydsregter

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld "skeidsregter", "ambagsman", "denneboom", "nooiensvan" en "kinderkamer".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Daar was gereeld ........ op my oupa se plaas toe ons daar gekuier het.
2 % (afgerond)Jakhalse
85 % (afgerond)jakkalse 
3 % (afgerond)Jakkalse
10 % (afgerond)jakhalse

Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters. Hoewel die woord jakkals in Nederlands "jakhals" met 'n h gespel word, kry dit in Afrikaans twee k's. Ons sien nog die ou Nederlandse spelling soms in plekname soos Jakhalsdraai.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Idioom: Elke huis het sy ........ .
1 % (afgerond)venster
fornuis
96 % (afgerond)kruis 
2 % (afgerond)dak

Die uitdrukking "elke huis het sy kruis" beteken 'elkeen het sy eie moeilikheid of leed'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties