17 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-04-2025 só ingevul:
Jy het ʼn ........ nodig ingeval jy jou in ʼn moeilike situasie bevind.
troefkaart troef kaart troef-kaart
ʼn Samestelling ("troefkaart") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("troef" en "kaart") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Gooi die suiker en die ........ botter in 'n kastrol.
klônt klônd klont klond
Die woord "klont" word nie gerek nie, maar wel genasaleer en kry dus nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.
Idioom: Iemand van Pontius na ........ stuur.
Claudius Herodes Pilatus Totius
Die idioom "van Pontius na Pilatus stuur" beteken 'doelloos rond en bont stuur. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Het jy al die ........ Toring van Piza besoek?
Skewe skeef skewe Skeef
Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)