18 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-04-2025 só ingevul:
Kinders, julle moenie so ........ nie!
slegs te kere gaan of tekere gaan slegs tekeregaan slegs tekere gaan of tekeregaan te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan
As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Sy het ........ met hierdie wondermiddel verloor.
30 kg 30 kg. 30kg. 30kg
Dit is 'n wetlike voorskrif om 'n spasie tussen 'n getal en 'n SI-simbool te laat. SI-simbole word ook sonder 'n punt geskryf.
Sien ook die bladsy Simbole.
Daar was groot onenigheid by die vergadering; die ........ het gewaai!
skerwe of splinters splinters spaanders of skerwe winde
Die idioom "die spaanders sal waai" beteken 'dit sal woes gaan' of 'hier kom groot rusie'. Die WAT gee ook "die skerwe sal waai" aan. (Bron: HAT6 en WAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Haar lewe spreek van ware ........ .
slegs Godsvrug godsvrug of Godsvrug slegs godsvrug
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)