Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Simbole

SI is 'n afkorting vir die Internasionale Stelsel van Eenhede (uit Frans: Le Système International d'Unites). Dit is die moderne vorm van die metrieke stelsel en is die wêreld se mees gebruikte stelsel van meting in die alledaagse handel en wetenskap.

 

Dit bestaan ​​uit 'n samehangende stelsel van eenhede van meting, gebaseer op sewe basiseenhede, 22 benaamdes en 'n onbepaalde aantal naamlose samehangende afgeleide eenhede, asook 'n stel voorvoegsels as desimale vermenigvuldigers.

 


SI-simbole word in die reël met kleinletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • 100 m
  • 75 mm
  • 45 kg
  • 159 cm


Die internasionale SI-simbool vir liter is ’n hoofletter-L of ’n kleinletter-l, maar omdat die kleinletter-l in tik- en drukwerk met die syfer 1 verwar kan word, word die simbool oorwegend gebruik. Byvoorbeeld:

  • 5 L wyn
  • 5 l wyn
  • 5 ℓ wyn


Indien ’n getal voor ’n SI-simbool geskryf word, word ’n spasie tussen die getal en die simbool gelaat. Byvoorbeeld:

  • 160 mm nie *160mm
  • 50 kg nie *50kg
  • 30 MW nie *30MW

Indien ’n kombinasie van ’n getal en ’n SI-simbool met ’n ander woord verbind, word die spasie tussen die getal en die simbool behou. Byvoorbeeld:

  • 50 kg-sakke
  • 3,5 m materiaal
  • 750 ml koeldrank


’n SI-simbool word nie deur ’n punt gevolg nie, behalwe as dit aan die einde van ’n sin voorkom. Byvoorbeeld:

  • Die kind het 23 kg geweeg.
  • Die kind weeg 23 kg.





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties