13 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-06-2025 só ingevul:
........ speel ek skaak.
Donnerdae donderdae donnerdae Donderdae
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "Donderdag") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Idioom: By die Kaap gaan ........ .
draai klim swem inkopies doen
Die idioom "by die Kaap gaan draai" beteken 'om omslagtig te praat'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
In ........ verwys biotegnologie na die gebruik van lewende dinge om nuwe produkte te maak.
leketaal leke taal leke-taal leeketaal
ʼn Samestelling (“leketaal”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“leek” en “taal”) bestaan. Die tweede "e" in "leketaal" is 'n verbindingsklank en die eerste "e" word nie verdubbel nie omdat dit 'n lang oop lettergreep is. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die gyselaars het ontsnap uit die kloue van die booswig wat hulle ........ gehou het.
gevangenis gevangene gevange gevangenes
'n Mens word "gevange gehou of geneem"; die woord "gevangene" is 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld die gevangene is in die tronk; die woord "gevangenes" is die meervoud van "gevangene"; die woord "gevangenis" is 'n sinoniem vir "tronk". (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)