Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 13 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-06-2025 só ingevul:



........ speel ek skaak.
2 % (afgerond)Donnerdae
1 % (afgerond)donderdae
donnerdae
97 % (afgerond)Donderdae 

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "Donderdag") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Idioom: By die Kaap gaan ........ .
97 % (afgerond)draai 
1 % (afgerond)klim
2 % (afgerond)swem
1 % (afgerond)inkopies doen

Die idioom "by die Kaap gaan draai" beteken 'om omslagtig te praat'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



In ........ verwys biotegnologie na die gebruik van lewende dinge om nuwe produkte te maak.
95 % (afgerond)leketaal 
2 % (afgerond)leke taal
1 % (afgerond)leke-taal
3 % (afgerond)leeketaal

ʼn Samestelling (“leketaal”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“leek” en “taal”) bestaan. Die tweede "e" in "leketaal" is 'n verbindingsklank en die eerste "e" word nie verdubbel nie omdat dit 'n lang oop lettergreep is. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die gyselaars het ontsnap uit die kloue van die booswig wat hulle ........ gehou het.
4 % (afgerond)gevangenis
15 % (afgerond)gevangene
80 %gevange 
1 % (afgerond)gevangenes

'n Mens word "gevange gehou of geneem"; die woord "gevangene" is 'n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld die gevangene is in die tronk; die woord "gevangenes" is die meervoud van "gevangene"; die woord "gevangenis" is 'n sinoniem vir "tronk".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties