03 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-07-2025 só ingevul:
Die bekende gereg van maalvleis, groente en kapokaartappels noem ons 'n ........ .
herderspastei herderpastei herderspasty
Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel. Interessant om te weet: "pastei" (met al sy samestellings; 'wilds-'; 'hoender-'; 'spinasie-' ensovoorts) is die enigste woord in Afrikaans wat op "-stei" eindig.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
James ........ waar het jy die sleutels gesit?
geen leesteken punt dubbelpunt komma
Ons skryf 'n komma na 'n aanspreking.
Sien ook die bladsy Komma.
Dit klink my met daardie poging wil jy ’n ........ in die donker slaan.
kat tafel hou kind
Die idioom "’n hou in die donker slaan" beteken ‘iets het min kans op sukses’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die wêreld se tweede grootste kontinent is ........ .
slegs Afrika slegs afrika afrika of Afrika
Geografiese name, byvoorbeeld name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)