Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 14 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-07-2025 só ingevul:



Hy is 'n goeie rugbyspeler; ........ , hy het 'n kans om die Springbokspan te haal.
4 % (afgerond)inteendeel
96 % (afgerond)trouens 

"Inteendeel" en "trouens" word dikwels met mekaar verwar. "Trouens" word gebruik as jy jou standpunt wil versterk; "inteendeel" word gebruik as jy dit wil weerspreek.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die twee partye het ooreengekom om eers te verdaag en weer ter ........ tyd te vergader om die onderwerp opnuut aan te roer.
3 % (afgerond)geleëner
66 % (afgerond)gelegener of geleëner 
1 % (afgerond)geleender
29 % (afgerond)gelegener

Die uitdrukking "te(r) geleëner (gelegener) tyd" beteken volgens die HAT: 'op 'n tyd wat meer geleë (geriefliker, geskikter, meer van pas) is as die huidige'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die nuwe webtuiste is baie ........ .
1 % (afgerond)gebruikers vriendelik
98 % (afgerond)gebruikersvriendelik 
gebruiker vriendelik
gebruiker-vriendelik

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele ("gebruiker" + "vriendelik") bestaan. Daar kan ook dikwels 'n verbindingsklank ("-s-") tussen die dele voorkom. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die hoof wil jou dringend in sy kantoor ........ .
7 % (afgerond)sien
93 % (afgerond)spreek 

In hierdie konteks word "sien" as 'n anglisisme beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties