14 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-07-2025 só ingevul:
Hy is 'n goeie rugbyspeler; ........ , hy het 'n kans om die Springbokspan te haal.
inteendeel trouens
"Inteendeel" en "trouens" word dikwels met mekaar verwar. "Trouens" word gebruik as jy jou standpunt wil versterk; "inteendeel" word gebruik as jy dit wil weerspreek.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die twee partye het ooreengekom om eers te verdaag en weer ter ........ tyd te vergader om die onderwerp opnuut aan te roer.
geleëner gelegener of geleëner geleender gelegener
Die uitdrukking "te(r) geleëner (gelegener) tyd" beteken volgens die HAT: 'op 'n tyd wat meer geleë (geriefliker, geskikter, meer van pas) is as die huidige'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die nuwe webtuiste is baie ........ .
gebruikers vriendelik gebruikersvriendelik gebruiker vriendelik gebruiker-vriendelik
Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele ("gebruiker" + "vriendelik") bestaan. Daar kan ook dikwels 'n verbindingsklank ("-s-") tussen die dele voorkom. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die hoof wil jou dringend in sy kantoor ........ .
sien spreek
In hierdie konteks word "sien" as 'n anglisisme beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)