Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 03 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-06-2025 só ingevul:



Herman se ........ glimlag het stelselmatig vir Sanet begin irriteer, want sy het gevoel dat hy daardeur sy werklike emosies vir haar weggesteek het.
2 % (afgerond)stereotipie
37 % (afgerond)stereotiepe 
61 % (afgerond)stereotipe

Die homofone "stereotiepe" en "stereotipe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotiep(e)" (byvoeglike naamwoord) beteken 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'. Daarteenoor beteken "stereotipe" (selfstandige naamwoord) 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Verskeie ........ het deur die jare aan die hoof van die Inkamana Abdy in Vryheid, KwaZulu-Natal (die tuiste van die benediktyne in Suid-Afrika) gestaan.
2 % (afgerond)abs
56 % (afgerond)abte 
12 % (afgerond)abbotte
31 % (afgerond)abbe

Die meervoud van die woord "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abte". Ander voorbeelde van Afrikaanse woorde wat hul meervoude vorm deur die toevoeging van "-te" is "bees(te)", "lys(te)", "plig(te)", "produk(te)" en "tydskrif(te)".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ is die jongste staat in Afrika.
11 % (afgerond)Suid-Sudan
suid sudan
89 % (afgerond)Suid-Soedan 
suidsoedan

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



As jy skielik ʼn helder streep in die naglug sien, is dit moontlik ʼn ........ wat na die aarde toe val.
7 % (afgerond)meteoroïed
32 % (afgerond)meteoor 
1 % (afgerond)meteoriede
60 %meteoriet

Die woord "meteoor" verwys na 'n klein hemelliggaam oftewel "meteoroïed" wat reeds die aarde se atmosfeer binnegedring het. 'n Ander benaming vir 'n "meteoor" is "'n vallende of verskietende ster". Die woord "meteoriet" verwys na 'n rotsagtige voorwerp wat uit die oorblyfsels van 'n meteoroïed bestaan wat na die aarde geval het.
(Bron: Skryf Afrikaans A to Z - Dalene Müller en Sebastian Pistor)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties