13 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-08-2025 só ingevul:
Die ........ klomp hou al weer partytjie.
froolike vrolike frolike vroolike
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("vrolik"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die egpaar is ........ en kan nie kinders kry nie.
stiril steril steriel stiriel
Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank aan die einde van die woord staan, skryf ons met “-ie”.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Kan jy dalk my vreemde droom vir my ........ ?
uitlê uitlig uitleg
ʼn Samestelling ("uitlê") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("uit" en "lê") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Francina bestel graag ........ as sy gaan uiteet.
calamarie calamari kalamari kalamarie
Vreemde woorde ("calamari") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)