Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-09-2025 (vlak 1)



vorige toets 22 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-09-2025 só ingevul:



In baie lande word ........ vergiftig of geskiet omdat hulle boere se vee vreet.
2 % (afgerond)vose
97 % (afgerond)vosse 
1 % (afgerond)vosens
vossens

Konsonante wat ná die hoofklem van ’n woord volg, soos die "s" in "vosse", word gewoonlik verdubbel om die klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Christina het dit toe nooit ........ om fiets te ry nie.
99 % (afgerond)afgeleer 
geafleer
afleer

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het ("afleer"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" ("afgeleer") (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Hulle gaan wen! ........ span speel uitstekend!
6 % (afgerond)Die of die
5 % (afgerond)die
89 % (afgerond)Die 

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Een van die basisse van die Suid-Afrikaanse Nasionale ........ Program (SANAP) is op Marioneiland geleë.

2 % (afgerond)Antiarktiese
2 % (afgerond)Antiärktiese
10 % (afgerond)Antartiese
87 % (afgerond)Antarktiese 

Sommige mense spreek nie die "k" in die woord "antarktiese" uit nie, en skryf dit dan verkeerdelik ook sonder 'n "k".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties