Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-10-2025 (vlak 2)



vorige toets 07 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-10-2025 só ingevul:



Jou ........ foute gaan jou duur te staan kom.
39 % (afgerond)slegs agterlosige
5 % (afgerond)slegs agtelosig
53 % (afgerond)agtelosige of agterlosige 
3 % (afgerond)slegs agterlosig

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("agtelosig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Die AWS erken beide "agtelosige" en "agterlosige".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Gert is in ʼn ........ toestand in die hospitaal ná die skietery.

5 % (afgerond)bedenklikke
bedenklik
94 % (afgerond)bedenklike 

Konsonante wat op ’n [ə] volg, word nie verdubbel nie, byvoorbeeld "bedenklike", "onmiddellike" en "monnike" (AWS 11.28a).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Die karkas van 'n ........ het op die strand naby Hermanus uitgespoel.
43 % (afgerond)suidelike noorkapper 
5 % (afgerond)suidelike Noorkapper
6 % (afgerond)Suidelike noorkapper
46 % (afgerond)Suidelike Noorkapper

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "suidelike noorkapper", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). In Nederlands staan die "suidelike noorkapper" as die "zuidkaper" bekend teenoor die "noordkaper" wat in die noordelike halfrond voorkom.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Jy kan die tjek daar by die kassier wissel.
'n Sinoniem vir die woord "kassier" is ........ .

4 % (afgerond)geldman
47 % (afgerond)kashouer 
49 % (afgerond)telklerk
tjekomruiler

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir "kassier" is "kashouer" of "geldklerk".

Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties