Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 31 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-07-2025 só ingevul:



Oppas vir die ........ ! Jy sal jou bande beskadig.
92 % (afgerond)slaggat 
4 % (afgerond)slaggaat
2 % (afgerond)slaaggat
2 % (afgerond)slag gat

ʼn Samestelling ("slaggat") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "gat") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Nico se been was erg beseer ........ nogtans het hy die wedloop voltooi.
40 % (afgerond); 
52 % (afgerond),
1 % (afgerond):
6 % (afgerond)geen leesteken

'n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van 'n sin voor waar daar 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt is, selfs al lyk die twee sinne na volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.



Ons moet darem vir die mense ........ sê; dis goeie maniere!
1 % (afgerond)nand
91 % (afgerond)naand 
6 % (afgerond)n’aand
2 % (afgerond)naant

Tussenwerpsels is kort woorde ("naand"), gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Hy is 'n ........ wat in Amerika bly.
1 % (afgerond)suid-afrikaner
97 % (afgerond)Suid-Afrikaner 
2 % (afgerond)Suid-afrikaner

Afgeleide persoonsname wat na inwoners van lande verwys, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties