Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 09 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-12-2025 só ingevul:



Dit sneeu al heeldag.
Wat is die woordsoort van "sneeu" in bostaande sin?
adjektief
78 % (afgerond)werkwoord 
21 % (afgerond)selfstandige naamwoord
bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "sneeu - gesneeu".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek dink jy het my ........ ; ons het twee pizzas bestel, nie 20 nie.
9 % (afgerond)mis verstaan
91 % (afgerond)misverstaan 
mis-verstaan

ʼn Samestelling (“misverstaan”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“mis” en “verstaan”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Vir baie mense is ........ ’n rusdag.
96 % (afgerond)Sondag 
4 % (afgerond)sondag
son dag
Son Dag

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Oswald het hom ........ geskrik toe hy laat die nag ʼn geluid in sy badkamer hoor.

85 % (afgerond)boeglam 
3 % (afgerond)stapelwit
12 % (afgerond)morslam
pootuit

As jy groot skrik, sê ons jy skrik jou "boeglam", "spierwit", "morsdood", "asvaal" of "yskoud". Jy kan jouself ook "boeglam" of "pootuit" werk as jy hard werk. Uit Ndl: lam in die boeë.

Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties