10 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-12-2025 só ingevul:
Die bure se alarm het ........ toe die boewe inbreek.
af gegaan geafgaan geäfgaan afgegaan
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2), byvoorbeeld "afgaan - afgegaan".
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Gert is 'n lid van die regerende party. Sny die stam net bokant die lit af. Die woorde "lid" en "lit" in bostaande sinne is ........ van mekaar.
homonieme homofone antifone sinonieme
Die woorde "lid" en "lit" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "vonds" verwys na 'iets wat gevind is'.
Sien ook die bladsy Homofone.
Die Noord-Koreane staan ........ teenoor die mag van die staat.
helploos hulploos helpsloos hulpeloos
Die "e" in "hulpeloos" is 'n verbindingsklank in hierdie geval en is verpligtend.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die wenspan se ondersteuners jubel oor hulle oorwinning. 'n Sinoniem vir "jubel" in bostaande sin is ........ .
juig spoeg vuur treur ween
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "jubel - juig".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)