Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 11 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-12-2025 só ingevul:



Ek vind sy ........ grappies hoogs irriterend.
sumpil
simpul
100 %simpel 
sempel

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "simpel" kom van die Latyn "simplex" wat 'eenvoudig' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Die taalprofessor gebruik graag ........ woorde wat niemand anders verstaan nie.

deftigge
deftug
1 % (afgerond)deftig
99 % (afgerond)deftige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die ........ student het 'n pragtige Afrikaanse uitspraak.
3 % (afgerond)Swart
77 % (afgerond)swart 
21 % (afgerond)Swart of swart

Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



In die universiteitswese, waarvoor staan die letternaamwoord "TUT"?
48 % (afgerond)Tshwane Universiteit van Tegnologie
34 % (afgerond)Tshwane Universiteit vir Tegnologie
5 % (afgerond)Tshwane-Universiteit van Tegnologie
13 % (afgerond)Tshwane-Universiteit vir Tegnologie 

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties