24 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-03-2026 só ingevul:
Waldo se resep vir sjokoladekolwyntjies is baie ........ as die een wat ek op die internet opgespoor het.
meer maklik makliker maklik mees maklikste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “maklik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “makliker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die maklikste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Moenie so ........ nie; gaan blaas jou neus!
snuif sneiv sneif snuiv
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Op die oewer van die Vaalrivier is daar 'n dorpie genaamd ........ .
villiers Villiers of De Villiers Villiers De Villiers
Geografiese name, byvoorbeeld die name van dorpe, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die Drakensberg troon majestueus oor die Tugela. 'n Sinoniem vir die woord "majestueus" is ........ .
imposant bergagtig hoog klipperig
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)