07 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-04-2026 só ingevul:
Wat is die meervoud van "protosoön"?
protosoë protosoöns protosoa protosoë of protosoa
Sommige woorde van Klassieke herkoms het 'n meervoud soos in die oorspronklike taal ("protosoa") én 'n verafrikaanste meervoud ("protosoë").
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Jy kan in die biblioteek na die ........ kyk vir die boek waarna jy soek.
ketallogus katallogus ketalogus katalogus
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak beklemtoonde posisie is (soos die eerste "a" in "katalogus"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "ketalogus").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Die hoofstad van Indië is ........ .
Nu Delhi Nieu-Delhi Nieuw-Delhi New Delhi
Die AWS erken net die spelling "Nieu-Delhi". Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
Van my ........ was Duits.
voorsade voorsate voorsadens voorsatens
Die woord "voorsaat", wat 'voorouer' beteken, eindig met 'n "t" teenoor die woord "saad" wat 'n mens saai, wat met 'n "d" eindig.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)