Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 09 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-04-2026 só ingevul:



Oupa het Ouma 'n ........ kyk gegee.
1 % (afgerond)veelgesegte
96 % (afgerond)veelseggende 
2 % (afgerond)veelsêende
1 % (afgerond)veelgesogte

Wanneer die byvoeglike naamwoord attributief gebruik word, soos in dié geval, kry die byvoeglike naamwoord 'n "-e" aan die einde: "'n veelseggende kyk". Wanneer die byvoeglike naamwoord predikatief gebruik word, kry dit nie 'n "-e" aan die einde nie: "Oupa se kyk na Ouma was veelseggend."
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Reeva, sal jy asseblief vir ons ........ reël vir ons sakebesoek?
6 % (afgerond)akommodasie
14 % (afgerond)akkomodasie
2 % (afgerond)akomodasie
77 % (afgerond)akkommodasie 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “akkommodasie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "akkommodasie" kom van die Latyn "commodus", vandaar die spelling.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Kinders, julle moenie so ........ nie!
11 % (afgerond)slegs tekere gaan of tekeregaan
5 % (afgerond)slegs tekeregaan
56 % (afgerond)te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan 
28 % (afgerond)slegs te kere gaan of tekere gaan

As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Ingrid se pogings was totaal ........ .
Watter woord sal die gepaste sinoniem wees om "vrugteloos" in bogenoemde sin te beskryf?
9 % (afgerond)funes
bomatig
4 % (afgerond)miniem
87 % (afgerond)futiel 

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. "Funes" beteken 'verderflik, noodlottig, rampsalig'; "bomatig" is 'buitengewoon'; "miniem" is 'buitengewoon klein, onbeduidend, gering'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties