13 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-04-2026 só ingevul:
Ek het die bed met lakens van ........ oorgetrek.
satyn satuin satein
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "satuin" in plaas van die korrekte "satyn".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Hy het sommer ........ sonder om te klop.
geïnkom ingekom in gekom
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
'n Afbeelding van die ........ kom voor op die landsvlae van 'n handjievol lande wat in die Suidelike Halfrond geleë is, waaronder Australië, Nieu-Seeland en Samoa.
Suiderkruis Suiderkruis of suiderkruis suiderkruis
Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels). Sien reël 9.9 in die AWS.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Dit was ʼn tyd van groot verdriet. 'n Sinoniem vir die woord "verdriet" is ........ .
vreugde bitterheid genoegdoening hartseer
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)