17 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-04-2026 só ingevul:
As jy 'n tweede eiendom het en jy wil dit verkoop, is jy ........ aan kapitaalwinsbelasting.
onnerhewig onderheuwig onderhewig onnerheuwig
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “onderhewig”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Idioom: Ek voel dit aan my broek se ........ .
gulp naat pyp plooi
Die idioom "ek voel dit aan my broek se naat", beteken 'ek vermoed iets'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
'n ........ is buite ons dorp opgerig vir die soldate wat in die oorlog gesneuwel het.
heldeakker Helde akker Heldeakker helde akker
Die woord "heldeakker" is 'n samestelling van woorddele "held" en "akker" asook die verbindingsklank "e". Samestellings word vas geskryf. Dit is 'n fout om woorde wat 'n verbindingsklank vereis, sonder 'n verbindingsklank te skryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die egpaar is op goeie voet ........ .
uitmekaar uit mekaar uit uit mekaar
In die betekenis 'uiteen' skryf ons "uitmekaar" as vas; in die betekenis 'apart' skryf ons dit los. Byvoorbeeld, die egpaar is uitmekaar, maar die regering sukkel om die twee strydende faksies "uit mekaar" te hou. Die uitdrukking "uit mekaar uit" is nie standaard nie, maar kom dikwels in die spreektaal voor.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)