26 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-05-2026 só ingevul:
Die slagoffer het hom teen sy aanvaller verdedig. Wat is die woordsoort van "verdedig" in bostaande sin?
werkwoord adjektief voegwoord bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verdedig" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
In die Middeleeue is vroue wat van heksery verdink is, op ʼn ........ verbrand.
brandstapel brand stapel brand-stapel
ʼn Samestelling ("brandstapel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("brand" en "stapel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
In die ........ bloei die bome.
Lente lengte lente Lengte
Name van seisoene ("lente") begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die kinders het ........ in die rivier baljaar.
poedel naak poedelnaak poedel-naak
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("poedelnaak") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)