Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-05-2026 só ingevul:



Ons het baie insekprobleme vanjaar: ........ , stinkgoggas, luise, verskeie soorte wurms, te veel om op te noem!

81 % (afgerond)sprinkane 
8 % (afgerond)Springkane
8 % (afgerond)Sprinkane
4 % (afgerond)sprinkhane

'n Kleinletter volg na 'n dubbelpunt indien die sinsdeel na die dubbelpunt nie 'n volsin is nie.

Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Soms slaan die ........ seerder as die ware jakob.
46 % (afgerond)blindesambok
blinde-sambok
31 % (afgerond)blinde sambok 
22 % (afgerond)blinde-sambok of blindesambok

"Blinde sambok" is nie 'n samestelling nie, en word daarom nie vas geskryf nie. Vergelyk ook "blinde hoogte", "blinde puisie" en "blinde liefde". Let daarop dat "jakob" in die geval volgens die AWS met 'n kleinletter gespel word. Kyk reël 9.23b.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Malé is die hoofstad van die ........ .
46 % (afgerond)Maldives
24 % (afgerond)Maledive 
15 % (afgerond)Maledives
15 % (afgerond)Maldive

Hierdie eilandstaat staan in Afrikaans bekend as die "Maledive" (of "Republiek die Maledive"); in Engels is dit "Maldives" en in Nederlands "Maldiven" of "Malediven".
Sien ook die bladsy Plekname.



Ag wat, hierdie verslag sal ook maar weer ........ die doofpot gestop word.

5 % (afgerond)onderaan
72 % (afgerond)in 
1 % (afgerond)agter
21 % (afgerond)onder

Die idioom "iets in die doofpot stop" beteken 'daar sal nie weer aandag aan gegee word nie'. ʼn Doofpot is ʼn outydse houer waarin kole uitgedoof is. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties