26 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-08-2026 só ingevul:
Een van Suid-Afrika se bekende digters, ........ Marais, was 'n groot kampvegter vir Afrikaans.
Eugene Eugéne Eugène Eugené
Die gravisteken word by sommige eiename soos "Eugène", "Adèle", "Fàbregas", ensovoorts, gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
man-sport manssport mansport mans-sport
Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Hulle reis na ........ hierdie feesseisoen.
Chad Tsjadd Tshad Tsjad
Tsjad (in Engels Chad) is 'n Afrikaland wat aan Soedan grens.
Sien ook die bladsy Plekname.
Ons sal maar ........ die vraelyste moet voltooi.
willende of onwillende goedskuks en kwaadskuks goedskiks of kwaadskiks goedskuks of kwaadskuks
Die Engelse vaste uitdrukking "willingly or unwillingly" (of "willy-nilly") word in Afrikaans vertaal met 'goedskiks of kwaadskiks'. Dit beteken 'om iets teen wil en dank te doen'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)