Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 14 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-09-2026 só ingevul:



Die land is vasgevang in die ........ van 'n knellende droogte.
99 % (afgerond)greep 
grep
1 % (afgerond)greëp

In geslote lettergrepe (soos in die woord “greep”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Hulle het gisteraand by die winkel ........ .
geïnbreek
geinbreek
1 % (afgerond)in gebreek
99 % (afgerond)ingebreek 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



My vrou praat net ........ met haar familie as hulle kom kuier.
dyts
12 % (afgerond)duits
87 % (afgerond)Duits 
1 % (afgerond)Dyts

Taalbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



Ek wil graag leer ........ .
87 % (afgerond)ski 
skee
3 % (afgerond)skiee
10 % (afgerond)skie

Vreemde woorde ("ski") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties