15 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-09-2026 só ingevul:
Die huis is ........ omdat die eienaar bankrot verklaar is.
opgefyl opgevyl opgeveil opgevuil
Ons kry die woord "veil" ook in die woord "veiling" waar goedere "opgeveil" word.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Hulle het 'n plaag ........ deur die besmette katte onder kwarantyn te plaas.
voorgekom gevoorkom voorkom
Aangesien die klem op "kom" is in "voorkom" in hierdie sin, word die verlede deelwoord sonder "-ge-" gevorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Watter belangrike wêreldgebeurtenis het in 1914 uitgebreek?
Eerste Wêreldoorlog Eerstewêreldoorlog Groot Pes eerste wêreldoorlog
Die name van oorloë en veldslae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Afrikaans en Pedi word ontwikkel as ........ .
vaktale vakgeleerdheidstale tale van vakgeleerdheid
Die woord "vaktaal" verwys na die taal van ’n besondere vak of tegniese terme wat met een of meer bepaalde beroepe verband hou. Die woord "vakgeleerdheid" is die kennis wat 'n mens van 'n vak het, die taal is die medium vir daardie vakgeleerdheid.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)