Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 17 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-09-2026 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "skildklier" is ........ .
6 % (afgerond)limfklier
1 % (afgerond)galblaas
1 % (afgerond)strydklier
92 % (afgerond)tiroïedklier 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "tiroïed" is afkomstig van die Grieks "thureos", wat 'skild' beteken, en "eidos", wat 'vorm' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die manlik en vroulik van vark is ........ .
mannetjie en wyfie
ram en ooi
100 % (afgerond)beer en sog 
reun en teef

Die manlik en vroulik van "skape" is "ram" en "ooi"; "honde" is "reun" en "teef"; "leeus" is "leeumannetjie" en "leeuwyfie" (of "leeuin").
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Die ........ is na Madiba vernoem.
6 % (afgerond)Nelson-Mandela-rylaan
15 % (afgerond)Nelson Mandela rylaan
79 % (afgerond)Nelson Mandelarylaan 

Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Straatname met 'n eienaamgedeelte ("Nelson Mandela") word vas ("Nelson Mandelarylaan"), los ("Nelson Mandela Rylaan") of met 'n koppelteken vas ("Nelson Mandela-Rylaan" of "Nelson Mandela-rylaan") geskryf (AWS 14.6, opm. c). (AWS 14.6, opm. c).
Sien ook die bladsy Plekname.



Hoe breek ons "vermoeidheid" af oor twee reëls?
Tuberkulose is 'n siekte wat ........ -
........ , koors en nagsweet veroorsaak.
98 % (afgerond)vermoeid-heid 
1 % (afgerond)vermo-eidheid,
verm-oeidheid,
1 % (afgerond)vermoei-dheid,

Woorde word normaalweg volgens verdeling in lettergrepe afgebreek: "ver-moeid-heid".
Reël 1.3 in die AWS stel dit egter duidelik dat woorde by voorkeur op betekenisvolle plekke afgebreek moet word, terwyl herkenbaarheid ook in gedagte gehou moet word. Ons sal dus "vermoeidheid" volgens dié reël verdeel as "vermoeid-heid".
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties