18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-09-2026 só ingevul:
Die twee skole se ........ kom vanmiddag teen mekaar te staan in wat beloof om 'n titaniese stryd om die provinsiale beker te wees.
onder-13-rugbyspanne onder 13-rugbyspanne onder 13 rugbyspanne
Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort". (Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Waarvoor staan die akroniem "MMus"?
Magister Musica Magister Musice Magister Musicae
'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Idioom: Opstaan net voor die ........ kraai.
kraaie kinders hane kalkoene
Dit is 'n ........ wat in die rivier swem.
zambezihaai zambezi haai Zambezi haai Zambezihaai
Indien 'n diernaam 'n samestelling is waarvan die eerste lid 'n eienaam is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)