30 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-09-2026 só ingevul:
Brandweerlede dra ........ klere.
brandvaste brand vaste brand vas brandvas
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("brandvas"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Israel is die ........ van verskeie Midde-Oosterse lande.
aartsvyhand aardsvyhand aartsvyand aardsvyand
By sommige medeklinkerkombinasies word daar ’n vokaal uitgespreek, hoewel ’n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "vyand" en "kerm".
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
Ons moet vanaand ........ werk anders gaan ons nie die spertyd haal nie.
oorteit oor tyd oor teit oortyd
ʼn Samestelling ("oortyd") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "tyd") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
As ek volgende jaar universiteit toe gaan, sal ek ʼn motor nodig hê. 'n Sinoniem vir die woord "motor" is ........ .
enjin kar voertuig
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)