30 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-09-2026 só ingevul:
Motoriste word aangeraai om die pad langs die ........ te vermy.
Stofland informele nedersetting Stofland-informele-nedersetting Stofland-informele- nedersetting Stofland- informele nedersetting
Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "Princess- informele nedersetting" en of "hoof- uitvoerende beampte" (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Plekname.
Gustav, kan jy vir my die woord "enigma" ........ ?
definieer definier definiëer definiër
Woorde wat op “-ieel”, “-ieer” en “-ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Lydia het haar ........ geskrik vir die uil se roep.
kliplam boeglam swoeglam doodlam
Die intensiewe vorm van "lam" is "boeglam".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Verlos ons van die ........ .
bose of Bose bose Bose
Woorde wat die teendeel van godsdienstige eerbiedsbenamings benoem, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)