Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 01 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-10-2026 só ingevul:



Ná die ........ ontploffing het die vliegtuig vinnig neergestort.
63 % (afgerond)brisante 
2 % (afgerond)brusant
4 % (afgerond)brisant
31 % (afgerond)brusante

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die woord "brisant" is taamlik onbekend maar beteken 'vinnig ontploffend'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Watter woord bevat 'n diftong?
6 % (afgerond)beur
89 % (afgerond)leeu 
3 % (afgerond)loer
2 % (afgerond)muur

Diftonge, oftewel tweeklanke, is 'n opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Die maatskappy het verlede jaar 'n totale wins van ........ rand getoon.
56 % (afgerond)vier miljoen ses duisend of viermiljoen sesduisend of viermiljoensesduisend 
13 % (afgerond)vier miljoen ses duisend of vier-miljoen-ses-duisend
22 % (afgerond)vier miljoen ses duisend of vier-miljoen ses-duisend of viermiljoensesduisend
9 % (afgerond)vier-miljoen-ses-duisend of vier-miljoen ses-duisend

'n Telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" kan los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Sy ........ sin vir humor staan my nie aan nie.
35 % (afgerond)wrange 
1 % (afgerond)verwrange
60 % (afgerond)verwronge
3 % (afgerond)wronge

Die woord "wrang" beteken 'suur'; die woord "wrong" is iets wat 'ineengedraai is', byvoorbeeld tou; die woord "verwronge" is die sterk verlededeelwoord van "verwring".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties