Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 05 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-10-2026 só ingevul:



Die tannie ........ hond dit is, is my buurvrou.
96 % (afgerond)wie se 
3 % (afgerond)van wie se
1 % (afgerond)waarvan se

"Wie se" word gebruik om besitlikheid aan te dui.
Sien ook die bladsy Waarvan vs. van wie.



Die verrigtinge vind die naweek op die ........ op die dorp plaas.
94 % (afgerond)sportterrein 
sports terrein
4 % (afgerond)sportsterrein
1 % (afgerond)sport terrein

Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 17.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die manlik van "verpleegster" is ........ .
6 % (afgerond)verpleger
verpleegman
verpleegder
94 % (afgerond)verpleër 

'n Verpleër versorg pasiënte in 'n hospitaal.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Skuins opkyk van iets, beteken om ........ te wees oor iets.
27 % (afgerond)onvergenoegd
53 % (afgerond)geïrriteerd
bly
20 % (afgerond)verras 

Die Engelse vaste uitdrukking "look up in surprise" word in Afrikaans vertaal met "skuins opkyk van iets" en beteken 'om verras te wees oor iets'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo; Tweetalige Voorsetselwoordeboek - PJ Taljard)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties